Arturo Toscanini

Arturo Toscanini, c. 1900
Portret deur Arnold Genthe (1934)

Arturo Toscanini (Italiaanse uitspraak: arˈtuːro toskaˈniːni; * 25 Maart 1867 – † 16 Januarie 1957) was 'n Italiaanse dirigent. Hy was een van die mees gelese en roemryke musikante van die laat 19de en die 20ste eeu, wat bekend was om sy intensiteit, perfeksionisme, sy oor vir orkestrale detail en sonoriteit, en sy fotografiese geheue.[1] Hy was by verskeie geleenthede die musikale direkteur van La Scala in Milaan, die Metropolitan Opera in New York Stad, en die New York Filharmoniese Orkes. Later in sy loopbaan is hy aangestel as die eerste musikale direkteur van die NBC Simfonieorkes (1937–54), en dit het daartoe gelei dat hy 'n huishoudelike naam (veral in die VSA) geword het deur sy radio- en televisieuitsendings en die vele opnames uit die opera en simfoniese repertoire.

  1. Sachs, Harvey (1978). Toscanini. Da Capo Press. ISBN 0-306-80137-X.

Developed by StudentB